Heroldsbaai Jeugoord in die hartjie van die Tuinroete

Hierdie Jeugoord is geleë by die ingang tot Heroldsbaai – ‘n skilderagtige kusdorpie ongeveer 18km vanaf George, ‘n vooruitstrewende dorp wat geleë is in die hartland van die bekende Tuinroete.

Dit is binne 5min se stap van die strand.

Die Jeugoord word bestuur deur die HEROLDSBAAI JEUGOORD TRUST en is die eiendom van die NG Kerk George-Suid.

Beskikbare geriewe

  • Twee dubbelvlak Jeughuise wat in totaal 66 persone kan huisves.
  • Elke Jeughuis het op elke vlak ‘n en-suite tweebed of dubbelbedkamer.
  • ‘n Veeldoelige gebou wat die volgende insluit:
    • ‘n volledig toegeruste kombuis en eetsaal;
    •  ‘n veeldoelige saal;
    •  onderdak braaigeriewe.

Huurtariewe en deposito

  • Die tarief van toepassing tot 28 Februarie 2023 is R120-00 per persoon per nag.
  • ’n Minimum tarief geld as volg:
    1 & 2 Nagte:  R5 000
    3 Nagte:  R5 500
    4 Nagte:  R6 000
  • Met die bevestiging van die bespreking is ‘n deposito van 50% van die totale bedrag betaalbaar.
  • Indien die finale bespreking binne 30 kalenderdae voor die aanvangsdatum van die bespreking gekanselleer word, sal die volle deposito verbeur word.

Bankbesonderhede

Heroldsbaai Jeugoord Trust
ABSA Bank Beperk
George
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 408 513 1846

Ons vertrou dat u verblyf by ons Jeugoord ‘n goeie en lekker ervaring sal wees!

Kommunikasie:

Alle besprekings- en betalingsnavrae moet gerig word aan die bestuurder van Heroldsbaai Jeugoord

Kontaknommers:
Leani: +27 84 245 2207
Neil: +27 72 850 3629

E-posadres:
besprekings@heroldsbaaijeugoord.co.za

Heroldsbaai Jeugoord